(Goeie Vrydag) Vrydagoggend Erediens - Ds Graham Read

Loading player...
PSALMS 22
My God, waarom het U my verlaat?
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die hert van die dageraad.” 'n Psalm van Dawid.
2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
3My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
4Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
5Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
6Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
7Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.
8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
9Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
10Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
11Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
12Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
13Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
14Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.
15Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
16My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
17Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
18Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
20Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
21Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
22Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
24Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
25Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
26Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die Here prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
29 Want die koninkryk behoort aan die Here, en Hy heers oor die nasies.
30Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
31'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag.
32Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.
18 Apr 2025 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

GENESIS 16 Abram, Sarai en Hagar 1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê…
14 Sep 2AM 15 min

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min