Woensdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

Loading player...
LUKAS 22

Petrus verloën Jesus.
(Mt. 26:69-75 en ooreenk. pl.)
54 EN hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg.
55 En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.
56En 'n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom.
57Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.
58En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.
59En ná verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galiléër.
60Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai.
61En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.
62En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
2 Apr 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

2 TESSALONISENSE 2 3Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie. 4Hy sal hom verset teen al wat God…
27 Jul 2AM 9 min

Sondagaand Erediens - Past Buks van Staden

HEBREËRS 2 Die groot saligheid vereis groot verantwoordelikheid 1Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie.
26 Jul 1PM 21 min

Sondagoggend Erediens - Past Buks van Staden

HEBREËRS 12 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon…
26 Jul 3AM 22 min