FNB moes oorsese maatskappye uitstof om Bok-borg te word

Loading player...
Hendrik Cronjé vertel dié week in Rapport Praat Sport die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het belangstelling van oorsese maatskappye gekry om die Springbokke se nuwe hoofborg te word, maar die aanbod wat Eerste Nasionale Bank (FNB) op die tafel geplaas het, was eenvoudig te goed om te ignoreer.
Skielik, sê Hendrik, is Suid-Afrikaanse rugby in ’n baie gesonde posisie.
Die voormalige 400 m-hekkiesatleet LJ van Zyl sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die prestasies van atlete soos Bayanda Walaza en Prudence Sekgodiso. Ons betree nou ’n goue era wat atletiek in Suid-Afrika betref, sê hy.
LJ vertel ook meer oor sy doktorale studie, wat fokus op 11 Olimpiërs se lewensreise en ook kyk na die lewe ná sport.
Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
26 Mar Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê

In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie. Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek…
10 Dec 28 min

Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd

Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . . Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16…
3 Dec 18 min

Oud-Bok: ‘Engeland die beste? Wag tot hulle teen SA skrum!’

Die Bokke het Ierland vermorsel, die Proteas het Indië verneder en Shukri Conrad het krieket se ou berugte G-woord opgediep . . . dit was gewis ’n besige week in die sportwêreld. Vandeesweek op Rapport Praat Sport praat ons oor dit alles en Thinus Delport sluit hom ook by ons aan…
26 Nov 31 min

Freek: ‘Staak dié blasersberade op veld!’

Freek Burger, oudtoetsblaser, is keelvol vir die groot rol wat televisieskeidsregters deesdae in rugby speel. “Die skeidsregter is nog altyd die persoon wat die finale sê het,” sê Burger, wat hom dié week by Rapport Praat Sport aansluit. Burger gesels oor die rooi kaarte van Franco Mostert en Lood de Jager,…
19 Nov 27 min

Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’

Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith. Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê. Smith gee…
12 Nov 30 min