Woord vir Vandag - 28 Mrt 2025

Loading player...
“…Sela” Psalm 44:9 NLV
Stop en reflekteer
Wanneer hy groot waarhede en insigte met ons deel, gebruik die psalmdigter dikwels die woord ‘Sela.’ Dit beteken ‘stop en reflekteer.’ Vir baie jare het mense gesê dat ondervinding die beste leermeester is. Die waarheid is egter dat geëvalueerde ondervinding die beste leermeester is! Om te stop en te reflekteer is een van die belangrikste aktiwiteite wat jy kan doen om te groei. Dit verskaf meer waarde as motivering of aanmoediging, omdat dit jou laat seker maak dat jy op die regte pad is. As jy immers op die verkeerde pad is, het jy nie aanmoediging nodig om vinniger te beweeg nie. Jy moet stop, reflekteer en jou koers verander. In ‘n beskrywing van die eindtye, sê die Bybel: ‘…Baie sal hiernatoe en daarnatoe gaan om meer te wete te kom’ (Daniël 12:4 NLV). Kennis, wat informasie, feite en data is sal toeneem, maar dit beteken nie noodwendig dat begrip sal toeneem nie. Jy kan baie kennis deur ‘n skerp intellek en ‘n goeie geheue verkry. Om egter begrip daarvan te hê, moet jy die tyd neem om dit wat jy sien en hoor te verstaan. Galileo het gesê: ‘Alle waarhede is maklik om te verstaan sodra hulle ontdek is. Die punt is om hulle te ontdek. Dit verg ondersoek.’ Deur te stop en te reflekteer, kan jy deur jou ervarings werk, hulle in perspektief plaas en wysheid daaruit verkry, sodat jy ‘n beter toekoms kan hê. Dit word dikwels ‘aha’ oomblikke genoem, wanneer jy skielik begrip of insig kry. Dis dan wanneer die spreekwoordelike gloeilamp aangeskakel word. Min dinge is beter as sulke oomblikke. Sulke oomblikke is egter net vir diegene wat die tyd en inspanning neem om te stop en te reflekteer, beskore.
27 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min