Donderdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

Loading player...
GALÁSIËRS 3
Die wet is onmagtig om te red, maar dit lei na Christus en die geloof.
1 o, ONVERSTANDIGE Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?
2Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
3Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?
4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!
5Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

GALÁSIËRS 4
Die evangelie maak vry van die wet.
1MAAR ek sê: So lank as die erfgenaam 'n kind is, verskil hy niks van 'n dienskneg nie, al is hy heer van alles;
2maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.
3So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld.
4Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet,
5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
20 Mar 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

2 TESSALONISENSE 2 3Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie. 4Hy sal hom verset teen al wat God…
27 Jul 2AM 9 min

Sondagaand Erediens - Past Buks van Staden

HEBREËRS 2 Die groot saligheid vereis groot verantwoordelikheid 1Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie.
26 Jul 1PM 21 min

Sondagoggend Erediens - Past Buks van Staden

HEBREËRS 12 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon…
26 Jul 3AM 22 min