Bizskoops - 13 Maart 2025

Loading player...
Ons het vandag 'n baie spesiale program.

# Eerstens kyk ons na die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede.
# Die Ekonoom, professor Waldo Krugell, sal ook vir ons sy terugvoer gee oor die toespraak.
# Daarna loer ons in by die tweede Cape Winelands Knowledge Sharing fees wat vroeër hierdie week in die Paarl plaasgevind het.
Die geleentheid het byna uitsluitlik gefokus op werkloosheid onder die jeug en die rol wat Kunsmatige Intelligensie kan speel om hierdie maatskaplike euwel te help verlig.
Newskoop het die geleentheid bygewoon en ons het van bedryfsleiers soos die visepresident van LinkedIn, Seamus Clancy, gehoor oor hoe gemeenskapsradiostasies LinkedIn as 'n instrument kan gebruik om hul gehoor te bereik en by te dra om werkloosheid in hul gemeenskappe aan te spreek.
# Ons het ook gesels met die Direkteur van Digitale Leeroplossings van SpecCon Consulting, Hermias Niewoudt. Hermias vertel meer oor hoe hul digitale platforms kortkursusse aan werklose jeugdiges regoor die land beskikbaar stel teen die fraksie van die prys van ander aanlynkursusse.
# Ons het ook daarin geslaag om in gesprek te tree met professor Liz Archer van die Universiteit van Wes-Kaapland. Professor Archer is 'n spesialis op die gebied van KI in hoër onderwys en sy het 'n paar wenke met die jonger generasie gedeel oor hoe om voor te berei vir die wêreld van werk en hoe om meer indiensneembaar te word.
13 Mar Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 14 Augustus 2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika se handelsdepartement het nuwe regulasies voorgestel om uitvoerders te help om die 30 persent Amerikaanse tariewe te hanteer # Suid-Afrika staar 'n golf van internasionale maatskappye in die gesig wat afskaal of die land verlaat # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor verskeie aanwysers…
14 Aug 9 min

Bizskoops - 7 Augustus 2025

Op die program vandag... # Markte is senuweeagtig oor die verskil tussen die Reserwebank en minister Godongwana oor die inflasieteiken # Die JSE oorweeg dit om 24-uur-handel in te stel # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor die nodigheid van beleidskoördinering # In internasionale sakenuus… Kritici waarsku oor die…
8 Aug 9 min

Bizskoops - 31 Julie 2025

Op die program vandag... # Die IMF se Julie Wêreld Ekonomiese Vooruitsigte is meer positief oor globale groei, maar nie vir Suid-Afrika nie # Verskeie belangrike gevolgtrekkings kan gemaak word uit die toutrekkery met die begroting vanjaar # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor môre se repokoersbesluit # In internasionale…
31 Jul 10 min

Bizskoops - 24 Julie 2025

Op die program vandag... # Die jaarlikse Verbruikersprysinflasie is op na drie persent # Suid-Afrika kan in die toekoms rentekoersverhogings in die gesig staar # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor internasionale en plaaslike ekonomiese aanwysers wat die vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed # In internasionale sakenuus… Die Verenigde…
25 Jul 9 min

Bizskoops - 17 Julie 2025

Op die program vandag... # Die goewerneur van die Reserwebank waarsku dat wêreldwye handelsspanning Suid-Afrika se inflasievooruitsigte beïnvloed # Ekonome het Suid-Afrika se ekonomiese groeivoorspellings hersien # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor positiewe en negatiewe sentiment oor die land se ekonomie # In internasionale sakenuus… China se ekonomiese groei…
18 Jul 10 min