Woord vir Vandag - 17 Mrt 2025

Loading player...
“Binne-in die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat gesels en mekaar in die oë kyk…” Eksodus 33:11 NLV
Het jy al met God daaroor gepraat?
Moses het ‘n spesiale plek gehad waar hy God ontmoet het. Dit is die ‘ontmoetingstent’ genoem (vers 7 NLV). Waaroor het hulle gepraat? ‘Op ‘n keer het Moses vir die Here gesê: ‘U het vir my gesê om hierdie volk te lei na die land wat U aan hulle beloof het. U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie… sê asseblief wat u planne is sodat ek kan weet wat U van my verwag…’ Hy vra toe vir Moses: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’’ (verse 12-14 NLV). Let die drie dinge op waaroor Moses vir God uitgevra het: 1) ‘U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie.’ Dit was wys, want mense kan jou opbou of afbreek. Jy moet weet wie in jou lewe hoort en wie nie en God is die enigste een wat dit vir jou kan sê. 2) ‘Sê asseblief wat u planne is.’ God se wil, wat op God se manier, volgens God se tydsberekening gedoen word, bring altyd sukses mee. As jy egter jou eie wil, op jou manier, volgens jou eie tydsberekening doen, bring dit net moeilikheid en hartseer mee. 3) ‘Sodat ek kan weet wat U van my verwag.’ Op jou eie kan jy nie die uitdaging baasraak nie, maar deur die krag van God se inwonende Gees kan jy groot dinge vermag, Wat God vir Moses belowe het, beloof Hy ook vir jou: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’
16 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min