Woord vir Vandag - 10 Mrt 2025

Loading player...
“Ek gee julle ‘n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê…” Johannes 13:34 NLV
Jy word beveel om lief te hê
Liefde is nie ‘n emosie nie, omdat jy nie iemand kan beveel om ‘n sekere manier te voel nie. Om iemand lief te hê is ‘n keuse wat in jou houding en aksies teenoor daardie persoon, gemanifesteer word. Jesus het gesê: ‘Ek gee julle ‘n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is’ (verse 34-35 NLV). Jesus het hierdie ‘’n nuwe opdrag,’ genoem. Wat is nuut daaraan? Hierdie woorde: ‘soos Ek julle liefhet.’ Omdat Christus in jou leef, kan jy ander mense met sy liefde liefhê. Jesus het altyd sy dissipels eerste gestel – Hy het hulle voete gewas, hulle uit storms gered en hulle geduldig geleer. Jy sê: ‘Maar hoe kan ek iemand liefhê waarvan ek nie eers hou nie?’ Jesus antwoord: ‘Soos Ek julle liefhet.’ C.S. Lewis vertel hoe hy ander mense se foute op ‘n ander wyse begin sien het: ‘Daar is iemand vir wie ek lief is, al keur ek nie goed wat hy doen nie. Daar is iemand wat ek aanvaar, hoewel sommige van sy gedagtes en optrede my in opstand laat kom. Daar is iemand wat ek vergewe, al maak hy die mense vir wie ek die liefste is, seer. Daardie persoon is ek… As ek myself kan liefhê sonder om alles wat ek doen goed te keur, kan ek ander ook liefhê sonder om alles wat hulle doen goed te keur.’ Dit wat Jesus jou beveel om te doen, bemagtig Hy jou ook om te doen: ‘...Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het’ (Romeine 5:5 NLV).
9 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min