Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
I SAMUEL 1
Die gelofte van Hanna. Geboorte van Samuel.
1DAAR was 'n sekere man uit Ramatáim, 'n Sufiet, uit die gebergte van Efraim, en sy naam was Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Elíhu, die seun van Tohu, die seun van Suf, 'n Efratiet.
2En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die tweede was Peninna; en Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.
3En dié man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en aan die Here van die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, priesters van die Here was.
4En op 'n dag het Élkana geoffer en aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters dele van die offervleis gegee;
5maar aan Hanna het hy 'n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die Here het haar moederskoot toegesluit.
3 Mar 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

GENESIS 16 Abram, Sarai en Hagar 1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê…
14 Sep 2AM 15 min

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min