Woord vir Vandag - 24 Feb 2025

Loading player...
“Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik…” Genesis 3:6 AFR83
Lewe deur gehoorsaamheid, nie emosies nie
Emosies word ook gevoelens genoem. Gevoelens kan baie sterk wees. Die meeste van ons besef hoe ons voel. Ons maak besluite wat deur ons gevoelens aangespoor word. Verhoudings word deur gevoelens gevestig en vernietig. Deur te sien wat goed, mooi en begeerlik voel, is wat Eva tot ongehoorsaamheid gelei het. Die Bybel sê nie dat sy honger was nie; anders sou sy van enige van die ander bome in die tuin van Eden geëet het. Emosionele drama in die eerste vrou het die deur vir emosionele drama in ons almal oopgemaak. Dis dus geneties. Emosies verg ook bevrediging: woede, seer en liefde wil bevredig word. As ons nie onsself beheer nie, lewe ons in die drama van slegte emosies. Om ‘n wedergebore Christen te wees wie se emosies nie deur God aangeraak is nie, is ‘n onvoldoende lewe. God werk in ons om ons te transformeer (sien Romeine 12:1-2). Emosies moet vernuwe word, sodat haat in liefde, vloek in seën, wrokke in vergifnis, woede in vrede en swaarmoedigheid in lof verander. Wanneer ons deur God se Woord en sy Gees getransformeer word, word ons van die drama en chaos wat ons emosies kan veroorsaak, vrygemaak. Wanneer ons deur ons emosies aangedryf word, wil ons ‘n ‘voel-goed’ mentaliteit hê. Eva leer ons egter dat ‘n voel-goed mentaliteit ‘n baie slegte motivering is wat ons in die moeilikheid bring. Ons lewe moet deur die Heilige Gees aangespoor word en sy motivering is nie net om goeie gevoelens te skep nie; sy doel is om gehoorsaamheid te produseer. Gehoorsaamheid sal altyd emosies oortref en sal jou altyd op ‘n manier wat emosies nie kan nie, bevredig.
23 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min