Suid Afrika - tans 'n onrustige plek! Hoe nou gemaak?

Loading player...
Suid Afrika is tans 'n onrustige plek om in te woon na die uitvoerende bevel van Mnr. Trump. Sy inligting wil dit hê dat sekere groepe in Suid Afrika erg afgeknou word en dat eiendom links en regs vervreem word. Hierdie beweringe is opgevolg met 'n direktief wat finansiële steun aan Suid Afrika opskort. Jannie Pelse en gaste, Dr Oscar van Heerden, Jaco Kleynhans en Roland Henwood gesels oor hoe nou gemaak en wat is die pad vorentoe?
12 Feb 2025 Afrikaans South Africa Christianity · News

Other recent episodes

Burgerlike onrus in Frankryk

Jannie Pelser en gaste, Louise du Toit en Pieter Duvenage kyk vandag na die dramatiese golf van burgerlike onrus wat deur Frankryk spoel, waar massiewe besuinigingsmaatreëls en ineenstortende openbare infrastruktuur tot hewige botsings, massa-arrestasies en wydverspreide ekonomiese gevolge gelei het. Maar hierdie is lankal nie meer net 'n Franse probleem…
28 Oct 51 min

Plaaslike munisipale verkiesings 2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. André Duvenhage, Roland Henwood en Dr. Oscar van Heerden gesels oor die 4de November, waar Suid-Afrikaners na die stembusse gaan om nuwe munisipale rade te verkies. Dit gebeur teen die agtergrond van ernstige vrae oor dienslewering, finansiële bestuur en die vermoë van munisipaliteite om aan…
21 Oct 44 min

Die Christen en die plaaslike verkiesing – stem, swyg of wegbly?

Suid-Afrika staan aan die vooraand van plaaslike regeringsverkiesings. Op Woensdag 4 November kry kiesers landwyd die geleentheid om hul stemme uit te bring en te help bepaal wie die volgende vyf jaar die munisipaliteite sal bestuur. Jannie Pelser en gaste, Ds Barnard Steyn, Dr Andre van Niekerk en Ds Danie…
14 Oct 49 min

Nasiebou - ideaal of illusie?

Jannie Pelser en gaste, Dr Braam Hanekom, Jan Bosman en Dr Coetzee Bester gesels oor of Suid-Afrika nog 'n gemeenskaplike "ons" vind?
7 Oct 55 min

Die Kruis in branding

Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Hennie Stander en Prof. Cobus van Wyngaard gesels oor die Kruis in branding. Die gebruik van ongeveer 3 000 kruise wat onlangs in Washington opgerig is, met die doel om volgens die organiseerders internasionale aandag op geweld teen die boerderygemeenskap te vestig,…
30 Sep 53 min