Net nog enetjie | Trump trek terug Withuis toe | Ep. 27

Loading player...
Donald Trump is terug en gereed om te regeer. In dié aflewering van Net nog enetjie bespreek ons hoe die volgende vier jaar onder Trump 2.0 gaan lyk. Trump het ʼn besige eerste dag op kantoor gehad, en die res van sy termyn gaan waarskynlik nóg bedrywighede inhou.

Terwyl Trump besig was om sy skoene vir die Withuis te poets, was ʼn ander president besig om sy regering te toets. In die doodsnikke van 2024 het president Ramaphosa die volle Bela-wet gepromulgeer.
22 Jan Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor…
31 Jul 35 min

Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl…
22 Jul 23 min