Woord vir Vandag - 18 Jan 2025

Loading player...
“Die ouer broer het hom liederlik vererg…” Lukas 15:28 NLV
Verlore seun, kom huis toe!
Die gelykenis van die verlore seun gaan oor twee seuns en hul vader se liefde vir hul elkeen. Die jonger seun het sy vader oneer aangedoen en in ‘n varkhok beland. Toe hy terugkeer huis toe, het hy alles verloor – behalwe sy vader se liefde. Maak nie saak wie jy dus is of wat jy gedoen het nie – God is lief vir jou en wil jou deel van sy familie maak. Jesus het ‘n wonderlike stelling gemaak: ‘…En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom sien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen’ (vers 20 NLV). Die antieke Hebreeuse kultuur het ouer mans wat hardloop as onwaardig beskou. Mans het lang, vloeiende klere gedra wat hulle tot by hulle middel moes optel om te hardloop, wat sodoende hulle onderklere ten toon gestel het. Die pa het egter nie omgegee wat ander mense gedink het nie; hy het net oor sy eiesinnige seun omgegee. Ongelukkig het sy ouer broer nie dieselfde gevoel nie. Verstaan jy hoekom baie jonger broers nog steeds in die varkhok is en nie die kerk wil binnegaan nie? Omdat hulle bang is dat ouer broers hulle sal veroordeel eerder as om hulle in liefde te verwelkom. Die ouer broer het straf begeer, maar die vader het vergifnis gegee. Die ouer broer het skuld vereis, maar die vader het genade gegee. Die ouer broer wou weerwraak hê, maar die vader wou versoening hê. Hier is die goeie nuus: Maak nie saak hoe laag jy geval het nie, weet dat wanneer jy terugkom, jou hemelse Vader met ope arms en ‘n liefdevolle hart vir jou sal wag.
17 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min