Woord vir Vandag - 11 Jan 2025

Loading player...
“…Hy [sien] dat daar reeds ‘n massa mense bymekaar was. Hy het ‘n diepe deernis vir hulle gevoel en hulle siekes gesond gemaak.” Matteus 14:14 NLV
Bewys medelye teenoor almal (2)
Jesus het medelye waar Hy ook al gegaan het, bewys. Hy het ons geleer dat ons vir die ‘geringstes’ onder ons moet sorg (sien Matteus 25:40). ‘Omdat julle almal in Christus Jesus één is, kan julle nie langer teen mense diskrimineer omdat hulle Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie’ (Galasiërs 3:28 NLV). Om Christus te volg beteken dat jy medelye teenoor almal moet bewys, of jy nou van hulle hou of nie. Jy is geroep om deernis uit te leef waar jy werk en waar jy woon. Jean Henri Dunant kon nie die geluid van soldate wat op die slagveld huil nadat hulle gewond is verduur nie, dus het hierdie Switserse filantroop gesê dat hy sy lewe daaraan sou wy om hulle in Jesus se naam te help. Gevolglik het hy die Rooi Kruis in die 1860’s gestig. Die simbool van die Rooi Kruis is soos om Jesus se vingerafdruk te sien. ’n Lutherse predikant in Duitsland met die naam Theodor Fliedner het 'n groep hoofsaaklik boerevroue geleer om siekes te versorg. Dit het tot die ontwikkeling van hospitale regoor Europa gelei en het Florence Nightingale geïnspireer om haar lewe aan die versorging van die siekes te wy. Vader Damien, ’n Belgiese priester, het in die negentiende eeu in Hawaii gewerk en ’n plek gestig waar melaatses geliefd en versorg kon word. Elke week het hy vir hulle gesê: ‘God het julle lief, melaatses.’ Een week het hy egter opgestaan en gesê: ‘God het ons melaatses lief.’ Hy het aan melaatsheid gesterf. Jesus het van elke daad van goedhartigheid wat aan iemand, insluitend dié wat dit nie verdien nie, betoon is, gesê: ‘…julle [het] dit vir Mý gedoen’ (Matteus 25:40 NLV).
10 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min