Woord vir Vandag - 5 Jan 2025

Loading player...
“…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV
God het vir jou ‘n opdrag om te vervul
Jou Godgegewe opdrag in die lewe kom met drie dinge: 1) ‘n Plan. ‘…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.’ Soos jy tyd in gebed met die Here bestee, sal Hy sy plan aan jou openbaar. Hy sal dit stap vir stap doen. Jy vra: ‘Maar wat as ek ‘n fout maak? Wat as ek struikel?’ Die Bybel sê: ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (Psalm 37:23-24 NLV). 2) ‘n Tydraamwerk. Nie net het God ‘n persoonlike plan vir jou lewe nie, Hy skeduleer sekere dinge om op sekere tye in jou lewe plaas te vind. “…want dis tyd om genadig te wees; die bestemde tyd het aangebreek’ (Psalm 102:14 NLV). Dis hoekom jy in pas met God en in tyd met die hartklop van die Heilige Gees wat in jou woon, moet bly. 3) Oorwinning, ten spyte van die onwaarskynlikheid en teenstand. ‘want elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld. Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof’ (1 Johannes 5:4 NLV). Staan sterk in geloof. Hou aan om op God te vertrou. Jy sê: ‘Maar die omstandighede lyk nie goed nie.’ God is in beheer van jou omstandighede. Hy het die son laat stilstaan om vir Josua ekstra tyd te gee om sy vyande te verslaan en Hy kan die omstandighede ten goede vir jou en tot sy heerlikheid verander.
4 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min