Woord vir Vandag - 1 Jan 2025

Loading player...
“...Vergewe mekaar soos God julle vergewe het…” Efesiërs 4:32 NLV
Begin deur te vergewe
As jy die nuwe jaar graag met ‘n skoon bladsy wil begin en ligter deur die lewe wil reis, moet jy die ou wrokke wat jou afrem laat gaan. Philip Yancey beskryf vergifnis as ‘n ‘onnatuurlike aksie.’ Hy sê: ‘Dis ‘n ‘hond-eet-hond’ wêreld, nie ‘n ‘hond-vergewe-hond’ wêreld nie.’ Bitterheid en haat kom van nature voor wanneer jy seergemaak is. Vergifnis is bonatuurlik en verg God se genade, maar onthou, Jesus het gesê: ‘Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie’ (Matteus 6:15 NLV). Dink daaroor – daar is nie een enkele, enkelvoudige rede hoekom God ons sondes ooit moet vergewe nie, en tog is die oortredings waarvoor Hy ons elke dag vergewe, veel erger as enigiets waarvoor ons ouers, eggenote of vriende ons moet vergewe. Die Bybel sê: ‘…Vergewe mekaar soos God julle vergewe het…’ Vergifnis maak die tronk, waar jy beide die gevangene en die tronkbewaarder is, se deure oop. Wrokke isoleer jou nie net van mense wat eens op ‘n tyd jou vriende was nie, maar verkort ook jou lewe deur dodelike ensieme te produseer wat tot ‘n magdom fisiese kwale bydra. Een man het vir sy berader gesê: ‘Ek wens my broer kon na my troue toe kom, maar ons het in jare nie met mekaar gepraat nie.’ Die berader het gevra: ‘Hoekom so?’ Die man het stilgebly en na ‘n rukkie geantwoord: ‘Dit klink nou belaglik, maar ek kan nie eers onthou nie!’ Dis ‘n wetenskaplike feit dat vergifnis jare by jou lewe toevoeg. Wanneer jy met individue praat wat die tagtig-jaar-kerf verby gesteek het, vind jy as ‘n reël dat hulle in vrede met hulself leef, omdat hulle geleer het om te vergewe en te laat gaan.
31 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min