Woord vir Vandag - 30 Des 2024

Loading player...
“…Vernuwe my lewe volgens u woord.” Psalm 119:107 NLV
Jou stiltetyd (3)
Toe alles in die Psalmdigter se lewe uitmekaar begin val het, het hy gebid: ‘…Vernuwe my lewe volgens u woord.’ Dis wat jou stiltetyd met God doen. Hoekom het ons dus nie ‘n gereelde stiltetyd met God nie? Twee redes: 1) Ons dink ons stiltetyd moet ‘n lang tyd neem. Begin klein. Bespreek vyf minute om jou Bybel oop te maak en oor ‘n kort gedeelte van die Skrif te mediteer. Gesels met God daaroor. Vertel vir Hom jou behoeftes en vra die Heilige Gees om jou deur die hele dag te lei. Goeie Nuus! Jy het so pas ‘n stiltetyd ervaar! Herhaal dit môre. Soos jou geestelike eetlus groter word, sal jy agterkom dat jy meer tyd daarvoor eenkant sit – tien minute, dan twintig en dan al hoe langer. 2) Ons dink ons stiltetyd moet vry van alle geraas wees! In plaas daarvan om die gewoel en rumoer te vermy, wil Jesus daar met jou in verbinding tree. Begin kreatiewe maniere kry om die hele dag lank in verbinding met die Here te tree. Luister na lofsange terwyl jy die huis skoonmaak en sing saam. Bid in die Gees. Dink aan verskillende verse in die Skrif. ‘Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here…’ (Kolossense 3:23 NLV). Luister na die Bybel terwyl jy bestuur – daar is uitstekende toeps beskikbaar. Bid terwyl jy oefen – ontwikkel jou geestelike spiere! Neem God uit vir ‘n koffie – doen jou Bybelstudie by ‘n koffiewinkel. Gaan stap saam met Jesus – bid vir ander mense en dank God vir die natuur se skoonheid. Verwelkom Hom in jou roetine en die alledaagse sal in heilige oomblikke verander. Gee die Heilige Gees toestemming om jou te onderbreek en doen dan wat Hy sê. Anders gestel – doen die lewe saam met Jesus.
29 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min