Woord vir Vandag - 29 Des 2024

Loading player...
“Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel…” Hebreërs 4:15 NLV
Jou stiltetyd (2)
Een van Satan se suksesvolste strategieë om ons van ons stiltetyd met God te weerhou, is om ons aan ons sondes en tekortkominge te herinner. Dis ‘n leuen; moet dit nie glo nie. In die Ou Testament het die hoëpriester na die Allerheiligste gegaan om vir die mense se sondes versoening te doen. Wanneer hy daar uitgekom het, het die mense gejuig, omdat hulle geweet het dat God hulle ten volle aanvaar. Met dit in gedagte, lees die volgende Skrifgedeelte: ‘[Jesus] kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, wat Hy moes presies dieselfde versoekings as ons trotseer – behalwe dat Hy nie voor die sonde geswig het nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word’ (verse 15-16 NLV). Nog ‘n leuen wat Satan jou sal vertel om jou van stiltetyd weg te hou, is dat die heiliges in die geskiedenis elke dag ure bestee het om die Skrif te bestudeer en te bid. Dis waar, en eendag mag jy dalk soos hulle word. Wat moet jy dan intussen doen? Begin klein, maar begin net! Pastoor Greg Laurie sien geestelike honger as die teenoorgestelde van fisiese honger: ‘Wanneer jy fisies honger is, eet jy en jy is tevrede. Wanneer jy egter geestelik honger is, is dit eers wanneer jy begin eet wat jy ontdek hoe honger jy eintlik is!’ Wanneer jy dus nie jou stiltetyd met God hou nie, moet jy nie skuldig voel nie, jy moet honger voel. Wanneer jy: ‘Smaak en sien dat die Here goed is’ (Psalm 34:9 AFR53), sal jy meer en meer tyd met Jesus wil bestee – wat wonderlik is, want Hy verlang na tyd saam met jou.
28 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min