Woord vir Vandag - 18 Des 2024

Loading player...
“Geseënd is die mens wat omgee vir die armes…” Psalm, 41:2 NLV
‘n Hart vir ander mense
Op 18 Desember, 1933 het ‘n vreemde advertensie in ‘n koerant in Canton, Ohio verskyn. ‘Man wat depressie se angel gevoel het wil 75 ongelukkige gesinne help. ‘n Anonieme Gewer slegs bekend as ‘B. Virdot,’ wil $750 weggee om die Kersgevoel te versprei.’ Al wat die leser moes doen, was om ‘n brief waarin hulle hul benarde toestand beskryf, te pos. Die briewe het ingestroom. Binne ‘n week het die tjeks by huise regoor die area begin aankom. Die meeste was beskeie, omtrent vyf dollars, en almal was deur ‘B. Virdot’ geteken. Gedurende die daaropvolgende jare wat die verhaal vertel is, het die identiteit van die filantroop onbekend gebly. Tot sy kleinseun in 2008, lank na sy dood, 'n gehawende swart tas, wat stof op sy ouers se solder versamel het, oopgemaak het. Daarin het hy die briewe gedateer Desember 1933 saam met 150 bewyse van die tjeks wat gestuur is, gevind. Dit blyk toe dat B. Virdot regtig Samuel J. Stone was en dat die skuilnaam ‘n vermenging van Barbara, Virginia en Dorothy, die name van sy dogters, was. Interessant genoeg was daar niks bevoorreg aan Sam Stone nie. Hy was vyftien toe sy gesin uit Roemenië geëmigreer en hulle in 'n krotbuurt in Pittsburgh gevestig het. Sam se pa het sy skoene weggesteek sodat hy nie skool toe kon gaan nie, wat hom en sy ses broers en susters gedwing het om sigare op die solder te rol. Uiteindelik het Sam die huis verlaat om eers op ‘n skip en later in ‘n steenkoolmyn te werk. Teen die tyd dat die Groot Depressie getref het, het hy ‘n paar klerewinkels besit en in relatiewe gemak gewoon. Hy het nietemin ’n hart vir ander gehad - en sy optrede het dit bewys. Kan dieselfde van jou gesê word?
17 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min