‘Net nog enetjie’ | 2024: Die jaar van groot politieke verandering | Ep. 26

Loading player...
In hierdie laaste episode vir 2024 van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en gasaanbieder dr. Theo de Jager oor alles wat in 2024 gebeur het. Die ANC het mag verloor, John Steenhuisen se Moonshot-pakt het toe omvorm in ʼn regering van nasionale eenheid en Jacob Zuma het weereens opgestaan uit die politieke dood. Nou is die vraag: Gaan die RNE dieselfde tyd volgende jaar nog vir mekaar kerskaartjies stuur of is hierdie hulle eerste en laaste Kersete saam?
11 Dec 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor…
31 Jul 35 min

Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl…
22 Jul 23 min