Woord vir Vandag - 13 Des 2024

Loading player...
“Dawid het met volle oorgawe voor die Here gedans terwyl hy ‘n linneskouerkleed aangehad het.” 2 Samuel 6:14 NLV
Loof God met oorgawe (1)
In 2 Samuel 6 is Dawid pas as koning van Israel gekroon. Hy het die Filistyne oorwin en Sion weer ingeneem. Hy is besig om die verbondsark, die grootste simbool van God se teenwoordigheid onder sy volk, terug na Jerusalem te neem. Nadat die volk jare daarsonder gelewe het, het die aanskoue daarvan Dawid met vreugde oorweldig. Hy het sy koninklike klere uitgetrek en met volle oorgawe in net ‘n linneskouerkleed voor die ark gedans. Tog, wanneer jy oor God opgewonde raak, moenie verwag dat almal saam met jou opgewonde sal raak of jou opgewondenheid sal verstaan nie. Dawid se vrou, Mikal, was so ‘n persoon. Die Bybel vertel ons twee dinge van haar: 1) ‘Terwyl die ark van die Here die Dawidstad binnegekom het, het Mikal, die dogter van Saul, bo uit haar venster gekyk. Toe sy koning Dawid sien spring en dans voor die Here, het sy hom stilweg verafsku’ (vers 16 NLV). 2) ‘Mikal het haar lewe lank kinderloos gebly’ (vers 23 NLV). Lofprysing lyk soms ‘n bietjie dwaas, nie waar nie? Jy sing vir iemand wat jy nie kan sien nie. Jy lig jou hande op na iemand waaraan jy nie kan raak nie. Of, soos in Dawid se geval, versuim jy om met koninklike waardigheid op te tree. Daar is ‘n ou gesegde wat lui: ‘Diegene wat nie die musiek hoor nie, dink die danser is mal.’ Dis wat in hierdie verhaal gebeur het. Dawid hoor die musiek en loof God met volle oorgawe. Mikal doen nie en verbeur dit waarna sy die meeste smag. Moenie die punt hier misloop nie. Wanneer jy die kritici ignoreer en besluit om God met jou hele hart te aanbid, begin jy geestelik floreer. As jy dit nie doen nie, word jy geestelik onvrugbaar.
12 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min