Woord vir Vandag - 10 Des 2024

Loading player...
“Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle...” 1 Petrus 5:8 NLV
Die aanval gaan oor jou toekoms
Petrus skryf: ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iets om te verslind. Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly…’ (verse 8-9 NLV). Die woord Christus beteken: ‘die Gesalfde Een.’ As Christen, is jy deur dieselfde Gees wat op Christus gerus het, gesalf. Satan het vir Christus versoek en hy sal jou ook versoek. Wanneer hy jou aan die mislukkings in jou verlede herinner, is dit om jou te ontmoedig en jou te keer om na die toekoms wat God vir jou ingedagte het, uit te reik. Paulus het geskryf: ‘Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie volk geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het’ (Efesiërs 1:11 NLV). Dit beteken dat God jou gekies het om ‘n sekere doel te vervul, dat Hy ‘n spesifieke plan vir jou lewe het en dat Hy alles volgens daardie plan laat saamwerk. Satan weet dit ook; dis hoekom sy aanvalle nooit sal ophou nie. C.S. Lewis het gesê: ‘Daar is geen neutrale grond in die heelal nie; elke vierkante duim, elke breukdeel van 'n sekonde, word deur God geëis en deur Satan teengeëis.’ Daar is nie ‘n middeweg nie. Dis net ‘n kwessie van tyd voor jy kant moet kies. Dis verkieslik dat jy vooraf jou posisie beslissend bepaal, eerder as wat jou posisie by verstek vir jou gekies word. Dus, wanneer jy elke dag wakker word, trek vir oorlog aan en berei jou vir die geveg voor, met die wete dat jy in God se krag sal wen.
9 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min