‘Net nog enetjie’ | Die ANC se innerlike konflik oor Bela | Ep. 25

Loading player...
Sommiges in die ANC is kwaad oor dié ooreenkoms. Sommiges ontken dat daar ooit ʼn ooreenkoms onderteken is en ander baklei sommer net om te baklei. Een man wat verbasend stil bly oor die skikkingsooreenkoms tussen Solidariteit en die regering, is Panyaza Lesufi. Was sy internet dalk die afgelope week af, of het hy dalk nie die moed om kwaai op sosiale media daarteen uit te vaar nie? Kyk na hierdie week se episode om antwoorde op al hierdie vrae te kry!
4 Dec 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor…
31 Jul 35 min

Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl…
22 Jul 23 min