KERSFEES Woensdagaand Erediens - Past Buks van Staden

Loading player...
LUKAS 1

30En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
31En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
32Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
33en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
34Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
35En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
25 Dec 2024 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 KORINTIËRS 5 1Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan. 2Terwyl ons in die tentwoning leef,…
28 Apr 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

PREDIKER 3 Elke ding het sy vaste tyd 1Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 3'n tyd om…
27 Apr 2AM 19 min

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

PSALMS 8 Lof aan die Skepper 1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid. 2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het…
26 Apr 1PM 26 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

MATTEUS 9 Die groot oes 35Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. 36Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was…
26 Apr 3AM 29 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

PSALMS 125 Die Here beskerm sy volk 1'n Pelgrimslied. Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan. 2Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd. 3Oor die grondgebied van die…
25 Apr 2AM 16 min