Woord vir Vandag - 3 Des 2024

Loading player...
“Abraham het alles wat hy besit het aan sy seun Isak nagelaat.” Genesis 25:5 NLV

Lei jou kinders na Christus toe

Abraham het vir Isak twee dinge gegee: sy materiële bates en ‘n goddelike voorbeeld. Wat kon hy nie vir hom gegee het nie? ‘n Persoonlike ervaring met God. Jou kinders moet God vir hulself ervaar. Isak se ontmoeting met God het gebeur toe hy ‘n krisis in sy lewe ervaar het. ‘…die Here… [het] aan hom verskyn en gesê: ‘Ek is die God van jou pa Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou en sal jou seën…’ Toe bou Isak daar ‘n altaar en aanbid die Here…’ (Genesis 26:24-25 NLV). Charlie Shedd vertel die verhaal van ‘n seuntjie wat by die skool ‘n opstel oor die volgende onderwerp moes skryf: ‘Hoe is ek gebore?’ Toe hy sy ma vra, het sy geantwoord: ‘Die ooievaar het jou gebring.’ Toe hy sy ma vra hoe sy gebore is, het sy geantwoord: ‘Die ooievaar het my ook gebring.’ Met die hoop dat sy ouma hom dalk sou kon help, het hy haar gevra hoe sy gebore is. Sy het geantwoord: ‘Dis maar deel van ons familiegeskiedenis; die ooievaar het my ook gebring!’ Dus het die seuntjie sy opstel met die volgende woorde begin: ‘Vir die afgelope drie generasies was daar nie ‘n normale geboorte in my familie nie!’ Op ‘n ernstiger noot: Jou kinders moet wedergebore word sodat hulle deel van God se verloste familie kan wees. Jy moet poog om hulle na Christus te lei terwyl hulle nog jonk is en hulle denke gevorm kan word. As jou kinders egter ouer is, is dit nie te laat nie. ‘‘…Hou op huil en droog af jou trane. Ek sal jou beloon vir jou moeite,’ sê die Here. ‘Jou kinders sal terugkom uit die land van die vyand. Daar is hoop vir die toekoms,’ sê die Here. ‘Jou kinders sal terugkom na hulle land toe’’ (Jeremia 31:16-17 NLV).
2 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Aug 2025

“Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.” Psalm 118:24 NLV Net vir vandag Wanneer dit moeilik gaan en jy in die versoeking kom om oor jou lot in die lewe te kla, stop en herinner jouself dat vandag ‘n gawe van…
26 Aug 2 min

Word for Today - 27 Aug 2025

“This is the day which the Lord hath made; we will rejoice and be glad in it.” Psalm 118:24 KJV Just for today When the going gets tough, and you’re tempted to complain about your lot in life, stop and remind yourself that this day is a gift from God,…
26 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 26 Aug 2025

“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal…” Romeine 8:37 NLV Geroep om te oorwin (3) Het jy al van die beginsel van superkompensasie gehoor? ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Wanneer ‘n atleet verby die drumpel van pyn en uitputting gedruk word,…
25 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 25 Aug 2025

“…Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof.” 1 Johannes 5:4 NLV Geroep om te oorwin (2) ‘n Pastoor moedig ons aan: ‘Die psigoanalis, Alfred Adler, het ‘n fassinerende navorsingsprojek oor die teorie van kompensasie van stapel gestuur. Hy het kunsstudente bestudeer en ontdek dat sewentig persent van…
24 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 24 Aug 2025

“Almal wat aanhou oorwin, sal hierdie dinge erf…” Openbaring 21:7 NLV Geroep om te oorwin (1) ‘n Pastoor skryf: ‘Almal van ons wil hê dat elke dag ‘n goeie dag moet wees. As elke dag egter ‘n goeie dag was, sou daar geen ‘goeie’ dae wees nie, want daar sou…
23 Aug 2 min