Strukture van diere en sigbare verskille

Loading player...
Alle diere is aangepas en het strukture wat hulle help om by hul omgewing aan te pas en te oorleef. Sommige strukture help diere om kos te vind, soos die uitstekende sig (oë) van ’n arend (wat vier keer beter as ’n mens kan sien!). Ander diere het kamoeflering wat hulle help om vir roofdiere weg te kruip. Sommige strukture is baie uniek aan sekere diere, soos die lang, gevurkte tong van die akkedis. Hulle gebruik dit om kos te ruik en te vind.
22 Nov 2024 Afrikaans South Africa Education · Kids & Family

Other recent episodes

Die meting van temperatuur

Temperatuur is die meting van hoe warm of koud iets is. Daar is verskillende maniere om temperatuur te bepaal. Een manier is om jou sintuie te gebruik. Voorwerpe met meer energie sal warm voel. Dinge met minder energie sal koel of koud voel as jy daaraan raak.
2 Jul 8 min

Kunselemente

Kunselemente is aspekte wat deur ʼn kunstenaar gebruik word tydens teken, verf of die skep van enige ander vorm van ʼn kunswerk. ʼn Kunswerk word ook volgens sy kunselemente ontleed.
2 Jul 15 min

Biosfeer

Die biosfeer is die plek op die aarde waar lewe bestaan en sluit die grond, rotse, water en atmosfeer in. Die biosfeer is ’n baie groot stelsel waarin verskillende dele saamwerk om lewe te onderhou. Alle lewe op aarde en die interaksie met nielewende rotse, water en lug noem ons…
2 Jul 9 min

Menseregte van Suid-Afrika

Menseregte beteken daardie regte wat elke liewe mens het omdat hy of sy ’n mens is. Elke mens kry hierdie regte vanaf die oomblik dat hy of sy gebore word. Alle mense het hierdie regte, elke mens moet dieselfde regte hê en niemand mag hierdie regte van jou wegneem nie.
2 Jul 11 min

Lewensiklus van plante

Ons kyk dikwels na plante en vergeet dat dit ook lewende dinge is, net soos mense en diere. Daar is so baie dinge wat binne ’n plant gebeur, wat ons nie eens raaksien nie. Tog het plante ook ’n hele lewensiklus van saadjie tot groot plant of boom wat vrugte…
2 Jul 7 min