Sondagoggend Erediens - Ds Horace van Coller

Loading player...
JESAJA 43

1MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
3Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
4Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.
6Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,
7elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.
24 Nov 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 KORINTIËRS 5 1Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan. 2Terwyl ons in die tentwoning leef,…
28 Apr 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

PREDIKER 3 Elke ding het sy vaste tyd 1Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 3'n tyd om…
27 Apr 2AM 19 min

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

PSALMS 8 Lof aan die Skepper 1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid. 2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het…
26 Apr 1PM 26 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

MATTEUS 9 Die groot oes 35Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. 36Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was…
26 Apr 3AM 29 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

PSALMS 125 Die Here beskerm sy volk 1'n Pelgrimslied. Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan. 2Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd. 3Oor die grondgebied van die…
25 Apr 2AM 16 min