‘Net nog enetjie’ | Julius Malema werk deur die vyf fases van rou | Ep. 22

Loading player...
In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor Julius Malema wat deur die vyf fases van rou werk. Iemand moet moontlik vir Malema ʼn “jammer vir jou verlies”-kaartjie stuur, want een vir een loop sy vertrouelinge oor na die MK-party. Malema is nou besig om die les te leer dat daar net plek vir een gegriefde eks-ANC-party in die politiek is, en Jacob Zuma staan daai skoene vol.
12 Nov 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor…
31 Jul 35 min

Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl…
22 Jul 23 min