‘Net nog enetjie’ | Die VSA is weer ‘Trump country’ | Ep. 21

Loading player...
Trump is terug en oënskynlik sterker as ooit tevore. Wat gaan Trump se terugkeer na die politiek vir die VSA inhou en hoe lyk die toekoms van die Republikeinse Party na dié oorwinning?

Van een oorwinning na ʼn ander. Vandeesweek het sowat 10 000 mense by die Voortrekkermonument deelgeneem aan die massa-protesoptog teen die Bela-wet. Hoekom was dit belangrik vir duisende mense om deel te neem aan dié “onderwandeling” teen die regering, en gaan die ANC enigsins luister nou dat ons hulle taal gepraat het?
6 Nov 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor…
31 Jul 35 min

Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl…
22 Jul 23 min