Woord vir Vandag - 6 Nov 2024

Loading player...
“Hier is ‘n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het…” Johannes 6:9 NLV

Maak nie saak hoe klein nie, Jesus kan dit gebruik
Indien jy voel dat jy nie talentvol genoeg is om deur God gebruik te word nie, lees die verhaal van die skare van vyfduisend wat deur vyf garsbrode en twee vissies gevoed is. Daar was eintlik vyfduisend mans in die skare. As jy die vrouens en kinders byvoeg, kan die getal meer as twintigduisend wees. Die seuntjie se middagete was kariger as wat jy dink. 'n Brood was omtrent so groot soos 'n klein pannekoek. Die vissies verwys na seediere wat omtrent so groot soos sardientjies was. Wat daardie middagete egter ’n groot fees gemaak het, is dat die seuntjie gewillig was om sy middagete op te gee. Hy het nie gesê: ‘Here, U kan een vissie en twee broodjies kry, maar ek gaan die res hou’ nie. Hy het vir Jesus alles gegee wat Hy van hom gevra het. Dink nou aan die gevolg van sy opofferende goedhartigheid. 1) Die oorspronklike middagete het nie eers ‘n enkele mandjie volgemaak nie, maar die oorskiet het twaalf mandjies volgemaak. Dit illustreer die oeswet wat in die Skrif geleer word. Wanneer jy vir God gee, kry jy altyd meer terug as wat jy gee (sien Lukas 6:38). Wanneer jy terughou, steel jy God se seën by jouself. ‘Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm’ (Spreuke 11:24 NLV). 2) Deur aan ander mense se behoeftes te voldoen, is daar aan sy behoeftes voldoen. ‘Jesus het toe die brode geneem, ‘n dankgebed gedoen en dit aan die mense wat daar gesit het, uitgedeel en ook soveel van die vissies as wat hulle wou hê’ (Johannes 6:11 NLV). Die waarheid is dat wanneer jy dit wat jy het vir God gee, jy verwonderd sal wees oor wat Hy daarmee doen.
5 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min