Wiele2Wiele ry met nuwe Ford-bus

Loading player...
In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. get\Worth gee raad oor hoe jy geld kan spaar, daar is ’n tegniese wenk oor diensplanne en met die BMW GS Trophy wat tans aan die gang is in Namibië, vertel hulle jou meer van die BMW R 1300 GS Enduro Package-avontuurmotorfiets.
20 Sep 2024 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry met Omoda se inprop-C9

Hierdie week vir Wiele2Wiele bring hulle tyd met die Omoda C9 SHS, ’n inprop-hibriede model, deur en gaan speel met die Mini Covertible Cooper S. Ford Motor Company of Southern Africa beplan om amper R1 miljard in sy handelaarsnetwerk te belê. Die 'EV’s on Display'-skou in Hermanus was ’n reusesukses…
14 Aug 26 min

Wiele2Wiele ry met Ranger XLT

Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die besonderse ‘EV’s on Display’-skou wat die komende naweek in Hermanus plaasvind. Hulle spandeer ook tyd saam met die Ford Ranger XLT-bakkie. Jy hoor van Gert en sy pantoffels en hoekom get\Worth kwaliteit beloon. Hulle gesels ook oor Suid-Afrikaanse motorvervaardigers en die invloed…
7 Aug 24 min

Wiele2Wiele ry Polo R-line

Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met die trotse #BuildInSA Volkswagen Polo R-Line. Dan is dit tyd vir speel met ‘klei’ en kreatief raak met ’n keramiek Suzuki Jimny 5-deur by die Clay Café. Hulle deel ook hul eie get\Worth-storie en gesels dan met Daniel Pienaar van These Sweet Times.
31 Jul 25 min

Wiele2Wiele ry met VW se Golf 1.4 TSI

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor Nissan se nuwe Stealth-bakkie en hulle bring kwaliteittyd met VW se Golf 1.4 TSI deur - ’n ware juweel van ’n motor. Daar is raad oor wetlike beskerming wanneer jy ’n motor aankoop, ’n tegniese wenk oor motordiefstal…
24 Jul 25 min

Wiele2Wiele ry Suzuki Dzire

Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele met Suzuki se Dzire-sedan rond. Stellantis het groot planne vir Suid-Afrika, onder andere met sy Opel Grandland. Daar is raad oor hoe om jou motortransaksie ongekompliseerd te hou, ’n tegniese wenk oor waarborgkostes en hulle gesels met KJ Mononyane, wat aan die 2025 Red Bull…
17 Jul 26 min