Polisie bevestig deurbraak in Jacques Freitag-moord

Loading player...
Die twee gesoekte verdagtes in verband met die moord op die oud-hoogspringkampioen, Jacques Freitag, is in hegtenis geneem. Shantelle Oosthuizen en die oudprokureur, Rudie Lubbe, was vir meer as 'n week voortvlugtend van die polisie. 'n Polisiewoordvoerder, Brigadier Brenda Muridili, het bevestig hulle is gisteroggend by 'n gastehuis in Sabie gearresteer. Die 42-jarige Freitag is op 17 Junie as vermis aangemeld. Hulle sal binnekort in die hof in Pretoria verskyn.
17 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 7AM 10 min

Aphelele Fassi verwag fisiese kragmeting teen Georgië

Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion. Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster.
17 Jul 3AM 1 min

Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en…
16 Jul 9AM 4 min