Woensdag oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
JOHANNES 6
Die vermeerdering van die brood
(Matt. 14:13-21; Mark. 6:30-44; Luk. 9:10-17)
1Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 2'n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy aan die siekes gedoen het. 3Jesus het toe teen die berg opgegaan en met sy dissipels daar gaan sit.
4Die paasfees van die Jode was naby.
5Toe Jesus rondkyk en sien dat 'n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?”
6Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen.
7Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.”
3 Jul 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

PSALMS 8 4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, 5wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?
13 Mar 2AM 11 min

Donderdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

GENESIS 50 18Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.” 19Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou…
12 Mar 2AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

SPREUKE 3 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens. 5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles…
11 Mar 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JOËL 2 Kom terug na My toe! 12Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol…
9 Mar 2AM 11 min