Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

Loading player...
JOHANNES 10

11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12'n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. 13Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie.
14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder.
17“Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem.
23 Jun 2024 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn

EKSODUS 33 11Die Here het direk met Moses gepraat soos 'n man met sy vriend. Daarna is Moses terug kamp toe, maar sy assistent, die jongman Josua seun van Nun, het nie die tent van ontmoeting verlaat nie.
14 Jun 1PM 20 min

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

ROMEINE 12 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
14 Jun 3AM 18 min

Saterdagoggend - Past Riaan de Bruyn

DIE OPENBARING 3 20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.
13 Jun 2AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

PSALMS 46 11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. MARKUS 6 31Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom…
12 Jun 2AM 12 min