Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
PSALMS 2
Julle moet die Here met ontsag dien
1Waarom is daar onrus onder die volke,
waarom smee die nasies planne – en dit tevergeefs?
2Die konings van die aarde is in opstand,
die leiers span saam teen die Here
en teen sy gesalfde en sê:
3“Kom ons maak ons vry
en gooi hulle juk af!”
4Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit,
die Here spot met hulle.
5Hy spreek hulle aan in sy toorn,
in sy gramskap jaag Hy hulle op loop:
6“Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg.”
7Ek wil vertel wat die Here aangekondig het.
Hy het vir my gesê:
“Jy is my seun,
van vandag af is Ek jou Vader.
8Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom,
die hele aarde as jou besitting.
9Jy sal hulle verpletter met jou ystersepter,
hulle flenters slaan soos 'n kleipot.”
10Wees dan nou verstandig, konings,
wees gewaarsku, regeerders van die aarde!
11Julle moet die Here met ontsag dien,
Hom met vrees en bewing toejuig
12en Hom onderdanig wees,
sodat Hy nie toornig word
en julle op die pad omkom nie,
want sy toorn ontvlam gou.
Dit gaan goed met almal
wat by Hom skuiling soek.
7 Apr 2024 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

1 PETRUS 3 15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
15 Sep 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

GENESIS 16 Abram, Sarai en Hagar 1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê…
14 Sep 2AM 15 min

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min