Maandag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
MATTEUS 1
Die geslagsregister van Jesus Christus
(Luk. 3:23-38)
1Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham:
2Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers; 3Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, Peres van Gesron, en Gesron van Ram; 4Ram was die vader van Amminadab, Amminadab van Nagson, en Nagson van Salmon; 5Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai; 6Isai was die vader van koning Dawid.
Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija; 7Salomo was die vader van Rehabeam, Rehabeam van Abia en Abia van Asa; 8Asa was die vader van Josafat, Josafat van Joram, en Joram van Ussia; 9Ussia was die vader van Jotam, Jotam van Agas, en Agas van Hiskia; 10Hiskia was die vader van Manasse, Manasse van Amon, en Amon van Josia; 11Josia was die vader van Jojagin en sy broers. Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe.
11 Dec 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

1 PETRUS 3 15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
15 Sep 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

GENESIS 16 Abram, Sarai en Hagar 1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê…
14 Sep 2AM 15 min

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min