Vrydag Oggenddiens- Ds Hannes du Plessis

Loading player...
MATTEUS 5

Liefde vir die vyand
(Luk. 6:27-28,32-36)
43“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?
48“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”
8 Dec 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

PSALMS 8 4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, 5wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?
13 Mar 2AM 11 min

Donderdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

GENESIS 50 18Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.” 19Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou…
12 Mar 2AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

SPREUKE 3 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens. 5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles…
11 Mar 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JOËL 2 Kom terug na My toe! 12Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol…
9 Mar 2AM 11 min