Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JOËL 2

Die Here betoon medelye met sy volk
18Die Here het vir sy land opgekom,
Hy het medelye betoon met sy volk.
19Die Here het sy volk geantwoord:
Ek stuur vir julle koring en wyn en olie.
Julle sal oorgenoeg hê.
Ek sal julle nie weer tot 'n bespotting
onder die nasies maak nie.
20Hierdie vyand uit die noorde sal Ek wegvat van julle af,
Ek sal hom wegjaag na 'n droë en verwoeste land toe,
sy voorpunt sal in die Dooie See beland
en sy agterhoede in die Middellandse See.
Sy stank sal opstyg,
sy slegte reuk sal versprei,
want hy het hom groot gehou.
21Jy moenie bang wees nie, ploegland,
jy moet bly wees en juig,
want die Here het 'n wonder gedoen.
22Julle moenie bang wees nie, vee in die veld,
want die weiveld word groen,
die bome dra vrugte,
die vyebome en die wingerd staan in volle drag.
23Inwoners van Sion, julle moet bly wees
en juig tot eer van die Here julle God,
want Hy het die reëns betyds laat kom,
Hy het die vroeë en die laat reën soos voorheen gegee.
24Die dorsvloer lê vol koring,
die parskuipe loop oor van wyn en olie.
25Ek sal julle vergoed vir die tyd
van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm
toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het,
julle verteer het.
26Julle sal oorgenoeg hê om te eet,
julle sal die Naam van die Here julle God prys,
Hy wat wonders vir julle gedoen het.
My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
27Dan sal julle besef dat Ek by Israel is,
dat Ek die Here julle God is,
dat daar buiten My nie 'n ander is nie.
My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
1 Jan 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

1 PETRUS 3 15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
15 Sep 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

GENESIS 16 Abram, Sarai en Hagar 1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê…
14 Sep 2AM 15 min

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min