Vonnis verwelkom vir voormalige Sanparke-werknemer wat renoster stroop

Loading player...
Die Streekhof in Skukuza het die voormalige veldwagter Eckson Musa Matumbu tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die doodmaak van ‘n renoster in die Nwanetsi-afdeling van die Krugerwildtuin in 2020. Matumbu, wat verantwoordelik was vir natuurlewe-beskerming, is in hegtenis geneem vir die gebruik van ‘n amptelike vuurwapen wat aan hom uitgereik is, en ongeoorloofde ammunisie, in die doodskiet van die renoster. Die hof het hom skuldig bevind aan betrokkenheid by ‘n ongeoofloofde bedrywigheid waarby ‘n bedreigde of beskermde spesie betrokke was. Matumbu is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
20 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min