Lily Myn tragedie: Families kondig môre volgende stappe aan

Loading player...
Verteenwoordigers van ActionSA sowel as die familielede van die mynwerkers wie se liggame sedert die ineenstorting by Lily Myn in 2016 ondergronds vasgekeer is, sal môre die myn in Low’s Creek besoek om hul volgende beplande stappe aan te kondig. Dit volg na die Konstitusionele Hof verlede week finaal beslis het dat die myn se krediteure oor die sakereddingsplan moet stem. Die Nelspruit-landdroshof het ook na ‘n geregtelike doodsondersoek bevind Vantage Goldfields, die polisie en die Departement van Minerale Bronne en Energie het almal hul plig versuim. Die woordvoerder van ActionSA, Samkelo Mgobozi, sê die party bly daartoe verbind om te verseker die liggame van Yvonne Mnisi, Solomon Nyirende en Pretty Nkambule word na die oppervlak gebring.
23 Oct 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Laevelders laat speke vir Afrika sing

Callum Orniston het die Afrika fietsrykampioenskappe gewen en Megan Botha die o.23 silwermedalje. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min