Verdagtes gesoek wat drie plaaswerkers ontvoer

Loading player...
Drie plaaswerkers wat deur drie aanvallers, gewapen met pangas, ontvoer is, is Vrydag vrygelaat na hulle sedert verlede Sondagaand aangehou is. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, word daar vermoed dat die aanvallers van Mosambiek afkomstig is. Die twee vroue en ‘n man is werkers op ‘n plaas buite Komatipoort. ‘n Span kundiges is saamgestel om die ontvoering te ondersoek en sluit in sigbare polisiëring, taktiese reaksie, die honde-eenheid en speurders. Hulle vra ene Reuben Makwakwa, wie hulle glo in die ondersoek kan help, om na vore te kom.
2 Oct 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min