Help PCA om Limpopo-boere by te staan na brande

Loading player...
Pediatric Care Africa beoog om die mense van Phalaborwa en boere van die Louis Trichard en Bandelierskop-omgewings wat onlangs deur verwoestende brande geraak is, te help. Dr. André Hattingh sê boere sukkel selfs sonder om sulke massiewe skade te ly. Pediatric Care Africa wil aan almal wat daardeur geraak is, vir twee maande gratis mediese sorg bied, insluitend plaaswerkers. Enige nie-bederfbare kos kan ook by die 100.5FM-ateljee in Sonpark afgelewer word. Veevoer is ook welkom.
26 Sep 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min