Wyksraadlid in Mpumalanga doodgeskiet

Loading player...
'n Wyksraadslid se lewe en dié van nog 'n man is kortgeknip toe 'n gewapende verdagte Saterdagaand by Tsema-Marhumbu in Calcutta op hulle losgebrand het. 'n Derde persoon is gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het die 55-jarige raadslid, Lot Nkuna (55), saam met David Matsane in 'n voertuig gesit toe hulle aangeval is. Besonderhede oor waar die derde slagoffer geskiet is, is tans onduidelik. Die motief vir die skietery is in dié stadium ook nog onbekend.
26 Sep 2023 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Laevelders laat speke vir Afrika sing

Callum Orniston het die Afrika fietsrykampioenskappe gewen en Megan Botha die o.23 silwermedalje. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min