Indaba om opvoeding van kinders met gestremdhede te bevorder

Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys hou vanaf môre 'n twee dae lange Indaba oor gestremdheid in Mbombela plaaslike munisipaliteit. Die LUR vir Onderwys, Bonakele Majuba, tesame met die leierskap van verskillende organisasies wat mense met gestremdhede verteenwoordig, sal teenwoordig wees om vordering met die ondersteuning van leerlinge met gestremdhede te monitor. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die behoefte aan meer ondersteuning vir gesinne van kinders met gestremdhede is boaan die agenda.
11 Sep 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min