Mpumalanga deel medelye na afsterwe van Buthelezi

Loading player...
Die Mpumalanga regering het sy medelye betuig aan die familie van wyle prins Mangosuthu Buthelezi. Die stigtingsleier van die Inkatha Vryheidsparty en tradisionele eerste minister van die Zulu-koning en -volk, is Saterdagoggend in die ouderdom van 95 oorlede. Sy begrafnisdiens vind Vrydag plaas. Die KwaZulu-Natal Provinsiale Regering sê Buthelezi se familie het 'n markiestent by die ingang tot sy woning opgerig, waar daar in aanloop tot die begrafnis elke middag 'n diens gehou sal word.
11 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min