DA raadslid glo deur gemeenskapslede aangerand

Loading player...
Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit beskuldig die ANC dat hul versuim om griewe uit die gemeenskap aan te spreek gelei het tot die aanranding van die raadslid.
Volgens Encee Van Huyssteen is sy kollega Mariaan Chamberlain verlede Maandag aangerand toe woedende inwoners van Brendan Village die raadsaal bestorm het omdat daar nie aan hul griewe gehoor gegee word nie. Hy skryf dit toe aan die ANC regerende party se versuim om hul funksies op 'n deursigtige manier uit te voer.
Van Huyssteen sê hulle sal aan die Speaker geskryf om te vra dat raadslede beskerm word.
8 Aug 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min