Geslagsgeweld: GRIP is hier om te help

Loading player...
Die Greater Rape Intervention Programme staan mense by na ‘n geslagsgebaseerde aanval. Die uitvoerende beampte, Tarryn Lokotsch, sê die tipe aanvalle neem duidelik toe, met slagoffers wat jonger word. Daar is ook 'n toename in voorvalle deur onbekende aanvallers, sowel as slagoffers wat dit nie binne 72-uur aanmeld nie. Kontak GRIP vir die noodsaaklike dienste wat hulle in die Laeveld lewer. Skakel ook elke Sondagoggend om 10:00 in op 100.5FM vir die GRIP “Survival 101”-"podcast"-reeks.
4 Aug 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min