Paartjie in Mpumalanga sterf na vermoede toe hulle rook inasem

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga waarsku mense om versigtig te wees wanneer hulle steenkoolstowe en gastoestelle gebruik vir verwarming. Dit volg na 'n paartjie van 29- en 26-jaar op 1 Julie in die Vosman-uitbreiding dood aangetref is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die vermoede bestaan dat hulle rook ingeasem het terwyl hulle geslaap het. In dieselfde area is ‘n man dood en sy vrou gehospitaliseer na hulle moontlik vuurrook ingeasem het.
5 Jul 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min