Man wat glo vyf familielede skiet, vandag in die hof in Mpumalanga

Loading player...
‘n 32-jarige man verskyn na verwagting vandag in die Piet Retief-landdroshof op vier aanklagte van moord, omdat hy na bewering Donderdagaand vyf familielede geskiet het. ‘n 71-jarige vrou, sowel as drie kinders van onderskeidelik drie, agt en tien jaar oud, is tydens die voorval dood. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalaga, Kolonel Donald Mdhluli, het ‘n 22-jarige vrou wat ook geskiet en in die maag getref is, die aanval oorleef. Die voorval is ten sterkste deur die provinsiale polisiekommissaris veroordeel.
19 Jun 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min