Sterfte weens cholera in Mpumalanga bevestig

Loading player...
Die departement van gesondheid in Mpumalanga het ‘n geval van cholera in die provinsie bevestig. ‘n 73-jarige vrou van Phaphamang in Phake in Dr JS Moroka-munisipaliteit is Vrydag in die Mmametlhake-hospitaal opgeneem met diarree, naarheid en braking. Sy is Dinsdag in die hospitaal oorlede. Cholera is deur ‘n laboratorium bevestig. ‘n Reaksiespan is na die area ontplooi om die oorsprong van die infeksie te ondersoek en die gemeenskap oor die siekte bewus te maak. ‘n Woordvoerder, Mandla Zwane:
1 Jun 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min